Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 3:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die volke wat daar naby woon,moet gou maak en bymekaarkom,en die Here moet sy soldate bring.

12. Die volke moetna die Josafat-vallei kom,want daar sal Ek die regter wees.Ek sal die volke straf wat naby woon.

13. Dit is nou die tyd om hulle te straf.Die volke is soos koring wat ryp is.Bring die sekelen sny hulle af!Trap die druiwe,want die parskuip is vol,dit loop oor.Daar is baie slegte mensevir wie Ek sal straf!

14. Daar sal baie mense wees,baie mense, op daardie plekwaar die Here die mensesal oordeel.Die dag van die Here is naby,die dag wanneer Hydie mense sal oordeel.

15. Die son en die maansal donker word,die sterre sal nie meer skyn nie.

Lees volledige hoofstuk Joël 3