Ou Testament

Nuwe Testament

Joël 1:5-14 Bybel vir Almal (ABA)

5. Die mense wat altyd dronk is,moet nou wakker word en huil.Almal wat lief is vir wyn, moet huil,want daar is niks wynom te drink nie.

6. Die sprinkane was soos soldatewat sterk en baie is.Hulle het die land aangeval,hulle het tande en kakebenesoos leeus.

7. Hulle het die vyebomekaal gevreeten hulle het ook die wingerde verwoes.Hulle het die bome se basafgevreet en uitgespoeg,die takke is kaal.

8. Julle moet treur.Julle moet huilsoos ’n jong meisie wat treuromdat haar verloofde dood is.

9. Daar is nie koring-offersen drank-offersby die tempelvan die Here nie.Daarom treur die priesterswat vir die Here werk.

10. Daar groei niksop die koringland nie,die grond is droog.Daar is niks koring nie,die druiwe is droog en dood,en ook die olywe.

11. Die boere weet niewat om te doen nie,hulle huil oor die koringen die gars,want in die grond groei nikswat hulle kan afsny nie.

12. Die wingerde en die vyebomeis droog en dood,en ook die granaatbome,die palmbomeen die appelbome.Al die bome is droog en dood.Daar is niks waaroor die mensebly kan wees nie.

13. Die priesterswat by die altaar werk,moet rouklere aantrek,hulle moet huil en treur.Hierdie mensewat vir my God werk,moet rouklere aantrekook wanneer hulle gaan slaap,want daar is nie koring-offersen drank-offers in die tempelvan hulle God nie.

14. Hulle moet ’n dagaan die Here wyen almal moetop daardie dag vas.Hulle moet die leiersen almal wat in die land woon,bymekaarmaak in die tempelvan hulle God die Here,en dan moet hullevir die Here vra om hulle te help.

Lees volledige hoofstuk Joël 1