Ou Testament

Nuwe Testament

Job 8:15-22 Bybel vir Almal (ABA)

15. As hy teen so ’n huis wil lê,dan gly die huis weg,as hy daaraan wil vashou,dan is dit nie daar nie.

16. Hy is soos ’n jong plant in die son.Die plant se blare hang oor die tuin,

17. en sy wortels gaantussen hope klippe in,dit groei vas aan die klippe.

18. Maar wanneer iemand die plant uittrek,dan sê die mense: ‘Ons het die plantnooit gesien nie.’

19. Hy het min gehad waaroor hy bly kon wees,en daar groei ander plante uit die grond.

20. Jy moet weet, God sal nie ’n mens loswat heeltemal reg doen nie,en Hy sal nie slegte mense help nie.

21. Hy sal jou weer gelukkig maak,Hy sal jou laat sing omdat jy bly is.

22. Dit sal sleg gaan met die mensewat vir jou haat,die huis van mense wat verkeerd doen,sal nie bly staan nie.”

Lees volledige hoofstuk Job 8