Ou Testament

Nuwe Testament

Job 6:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ek sal dit nie eet nie,dit is kos wat my siek sal maak.”

8. “Ek wens dat God vir mysal gee wat ek vra,ek wens dat Hy sal doenwat ek wil hê.

9. God moet besluit om mystukkend te trap,Hy moet sy hand uitsteeken my doodmaak.

10. Dan sal ek tevrede wees,my pyn sal aanhou,maar ek sal nog altyd bly wees,want ek het nie stilgeblyoor wat die heilige God gesê het nie.

11. Waar sal ek die krag kryom aan te hou lewe?Hoe kan ek aanhou lewe totdatmy tyd daar is om te sterf?

12. Ek is nie so hard soos klip nie,my liggaam is nie gemaak vankoper nie.

13. Nee, ek het niks krag nie,ek kan myself nie help nie.”

14. “As dit vir iemand te swaar isom vir sy vriende te doenwat hy moet doen,dan respekteer hy nie meerdie Almagtige nie.

15. My vriende is ontrou,hulle is soos ’n watersloot.

Lees volledige hoofstuk Job 6