Ou Testament

Nuwe Testament

Job 6:16-26 Bybel vir Almal (ABA)

16. Wanneer die ys en die sneeu smelt,dan vloei die waterstrome,

17. maar wanneer dit warm word,dan vloei die water nie meer nieen die sloot word droog.

18. Mense wat verbykom op die pad,gaan na die sloot, maar hulle kryniks water nie,hulle sterf van die dors.

19. Handelaars uit die lande Tema en Skebahoop dat hulle daar water sal kry,

20. maar hulle bly dors,hulle het water kom soek,maar hulle het niks gekry nie.

21. Ek kry by julle ook niks.Toe julle sien hoe sleg ditmet my gaan,het julle bang geword.

22. Is dit omdat ek vir julle gevra hetom iets vir my te gee?Het ek vir julle gevra om omkoopgeldte betaal om my vry te maak?

23. Het ek gevra dat julle moet helpom my vry te laat wegkom van ’n vyand?Het ek gevra dat julle my moet loskoopvan wrede mense?”

24. “Julle moet vir my sê wat ek moet doen,dan sal ek stilbly.Ek wil weet wat ek verkeerdgedoen het,julle moet dit vir my sê.

25. As julle eerlik praat,dan sal ek nie seerkry nie,maar die dinge wat julle vir my sê,beteken niks.

26. Dink julle dat die dinge wat ek sê,verkeerd is?Wil julle nie hoor wat ’n moedelose menssê nie?

Lees volledige hoofstuk Job 6