Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:2-16 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Job, jy moet gereedmaak,jy moenie bang wees nie.Ek sal vra, en jy moet my antwoord.

3. Wil jy regtig sê dat Ek verkeerd is,wil jy sê dat Ek skuldig is en dat jy onskuldig is?

4. Is jy so sterk soos God?Kan jy soos God die donderweerlaat raas en dreun?

5. As jy dit kan doen,wys dan dat jy ook ’n koning is,dat jy sterk is en dat almaljou moet respekteer.

6. Wys hoe kwaad jy is,kyk na elke mens wat hoogmoedig is,en verneder hom.

7. Kyk na elke mens wat hoogmoedig is,en verneder hom, trap die menswat verkeerd doen, plat,trap hom daar waar hy staan.

8. Begrawe hulle in die grond,sluit hulle toe in die doderyk.

9. As jy dit kan doen, dan sal Ek jou prys,want dan het jy gewen.”

10. “Maar kyk ook na die seekoei.Toe Ek jou gemaak het,het Ek ook die seekoei gemaak.Hy vreet gras soos ’n bees.

11. Hy is ’n sterk dier,sy liggaam is vol spiere.

12. Hy hou sy stert so reguitsoos ’n sederboom,en hy het sterk spiere in sy bene.

13. Die bene in sy lyf is so sterksoos waterpype van brons,so sterk soos stukke yster.

14. Hy is die belangrikste dier,God het hom gemaak,en net God kan hom oorwin.

15. Hy kry sy kos in die bergewaar al die wilde diere speel.

16. Hy lê onder die waterplante,hy kruip weg tussen die riete in die vlei.

Lees volledige hoofstuk Job 40