Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:12-25 Bybel vir Almal (ABA)

12. Hy hou sy stert so reguitsoos ’n sederboom,en hy het sterk spiere in sy bene.

13. Die bene in sy lyf is so sterksoos waterpype van brons,so sterk soos stukke yster.

14. Hy is die belangrikste dier,God het hom gemaak,en net God kan hom oorwin.

15. Hy kry sy kos in die bergewaar al die wilde diere speel.

16. Hy lê onder die waterplante,hy kruip weg tussen die riete in die vlei.

17. Die waterplante maak hom toe,hulle skaduwee beskerm hom,en rondom staan die populierbomewat in die valleie groei.

18. Wanneer die rivier vol word,dan skrik hy nie,hy staan stil as die Jordaan-rivierse water teen sy bek vloei.

19. Niemand kan sy oë toedruken hom aan sy neus vang nie.”

20. God het vir Job gesê:“Kan jy ’n krokodil uit die water trekmet ’n hoek,en kan jy sy bek toebind met ’n tou?

21. Kan jy ’n tou van biesiesdeur sy neus steek en kan jy ’n hoekvasmaak aan sy kakebeen?

22. Sal hy aanhou om mooi te vradat jy hom moet los,sal hy aanhou soebat?

23. Sal hy ’n ooreenkoms maak met jousodat hy altyd jou slaaf sal wees?

24. Kan jy met hom speel soosmet ’n voëltjie?Kan jy hom vasbind en hom wysvir jou slavinne?

25. Kan mense hom vang en verkoopen in stukke sny vir die handelaars?

Lees volledige hoofstuk Job 40