Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe het die Here weer met Job gepraat. Die Here was in ’n stormwind en Hy het gesê:

2. “Job, jy moet gereedmaak,jy moenie bang wees nie.Ek sal vra, en jy moet my antwoord.

3. Wil jy regtig sê dat Ek verkeerd is,wil jy sê dat Ek skuldig is en dat jy onskuldig is?

4. Is jy so sterk soos God?Kan jy soos God die donderweerlaat raas en dreun?

5. As jy dit kan doen,wys dan dat jy ook ’n koning is,dat jy sterk is en dat almaljou moet respekteer.

Lees volledige hoofstuk Job 40