Ou Testament

Nuwe Testament

Job 4:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Dink ’n bietjie hieroor:Is daar iemand wat onskuldig wasen gesterf het?Is daar ’n eerlike menswat verdwyn het?

8. Ek sien dat dit sleg gaanmet die mense wat slegte dinge doen,ek sien dat die mense wat ander mensewil laat swaarkry, self swaarkry.

9. God word kwaad vir hulle,en hulle sterf,God vee hulle weg van die aarde.

10. Leeus kan brul en raas,maar as ’n leeu sy tande verloor,

11. dan kan hy niks vang nie,dan gaan hy dood van die honger,en sy welpies loop oral rond.

12. “Ek het gehoor dat iemand sag praat,ek kon nie baie goed hoor wat hy sê nie.

13. Dit was toe ek gedroom het,toe almal vas geslaap het.

14. Ek het geskrik en ek hetbang geword,my hele liggaam het gebewe.

15. ’n Wind het oor my gewaai,die hare op my liggaamhet regop gestaan.

Lees volledige hoofstuk Job 4