Ou Testament

Nuwe Testament

Job 30:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Job het gesê:“Maar nou?Mense lag vir my,mense wat jonger is as ek,mense wie se pa’s ek nie laat sit hetby die honde wat my skape opgepas het nie,

2. want hulle kon niks doen vir my nie,hulle was te swak om vir my te werk.

3. Daardie mense is so maer en hongerdat hulle alles eet wat hulle kan kryin die droë, wilde woestyn.

4. Hulle pluk soutbos en die blare van bossies,hulle grawe die wortels van besembos uitom vuur te maak.

5. Mense jaag hulle weg en skree vir hullesoos hulle vir ’n dief skree.

6. Hulle moet woon in die walle van riviere,in gate in die grond, tussen rotse.

7. ’n Mens hoor dat hulle skree van honger,soos wildedonkies tussen die bossies,hulle sit styf teen mekaar onder die doringbosse.

8. Hulle het min verstand,niemand respekteer hulle nie,mense slaan hulle en jaag hulle weg.”

9. “En nou spot hulle myen hulle maak grappe oor my.

10. Hulle wil nie naby my kom nie,hulle bly ver weg, en as hulle by my kom,dan spoeg hulle in my gesig.

11. God het my gemaak soos’n boogskutter met ’n stukkende boog,Hy het my verneder,mense wat my sien,wys dat hulle my nie meer respekteer nie.

12. Mense val my aanen hulle jaag my,hulle wil my doodmaak.

13. Hulle keer wanneer ekwil weghardloop.Niemand help hulle nie,maar dit is vir hulle lekkerom my naby die dood te bring.

Lees volledige hoofstuk Job 30