Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3:7-13 Bybel vir Almal (ABA)

7. Daardie nag moes die laaste nag gewees het,niemand moes toe bly gewees het nie.

8. Die mense wat dae vervloek,die mense wat weet hoe om die Leviatanwakker te maak,hulle moes ook daardie dag vervloek het.

9. Die sterre wat vroeg die oggend begin skyn het,moes donker gebly het.Dit moes nie lig geword het toe die nag gewag hetvir die lig van die vroeë oggend nie.

10. Hoekom?Want die nag het nie gekeerdat ek gebore worden begin het om swaar te kry nie.

11. Hoekom het ek nie gesterf voordat ekgebore is nie?Of hoekom het ek nie dadelik gesterfnadat ek gebore is nie?

12. Hoekom het my ma my op haar knieë gesiten my laat drink?

13. As dit nie gebeur het nie,dan het ek stil in die graf gelê,dan het ek geslaap en gerus

Lees volledige hoofstuk Job 3