Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3:17-26 Bybel vir Almal (ABA)

17. Daar in die doderykkan die mense wat verkeerd doen,nie meer probleme maak nie,daar rus almal wat moeg is.

18. Daar kan die gevangenes rustigen stil wees,die voormanne raas nie meer met hulle nie.

19. Daar is kinders en grootmense saam,en slawe is daar vry van hulle eienaars.

20. Hoekom het God lig gegee vir iemandwat net swaarkry?Hoekom het Hy iemand laat lewewat altyd ongelukkig is,

21. iemand wat wens dat hy sterf,maar die dood kom nie?Hoekom laat God iemand lewe wat graag wil sterfen wat nie wil soek na kosbare goed nie,

22. iemand wat baie bly sal weeswanneer hy in die graf kan gaan lê?

23. Hoekom laat God iemand lewewat nie weet wat met hom sal gebeur nieomdat God hom afgesny het van alles?

24. Ek kan nie eet nie,ek hou aan om te sug en te kla,

25. want ek was bang vir baie dinge,en dit alles het gebeur met my.

26. Ek kan nie stil en rustig wees nie,ek kan nie rus nie, ek hou aanom bekommerd te wees.”

Lees volledige hoofstuk Job 3