Ou Testament

Nuwe Testament

Job 3:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ná die sewe dae het Job begin praat. Hy het die dag vervloek toe hy gebore is.

2. Job het gesê:

3. “Ek wens die dag was nooit daar nie,die dag toe ek gebore is.Ek wens die nag was nooit daar nie,die nag toe iemand gesê hetdaar is ’n seun gebore.

4. Ek wens daardie dag het donker gebly,God daarbo moes nie daardie dag vir my gegee het nie,daar moes nie lig geskyn het op daardie dag nie.

5. Daardie dag moes donker gebly het, baie donker,wolke moes dit toegemaak het,die son moes donker gebly het.

6. Daardie nag moes donker gebly het,dit moes nie een van die dae van die jaar geword het nie,dit moes nie een van die dae in ’n maand geword het nie.

7. Daardie nag moes die laaste nag gewees het,niemand moes toe bly gewees het nie.

Lees volledige hoofstuk Job 3