Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19:21-29 Bybel vir Almal (ABA)

21. Julle wat my vriende is,julle moet jammer wees vir my.Julle moet jammer wees vir my,want die hand van God het my gestraf.

22. Hoekom hou julle aan om my te jaagsoos God dit doen?Julle sien dat ek sleg lyk,is julle nie nou tevrede nie?”

23. “Ek wens iemand wil opskryf wat ek sê,ek wens iemand skryf dit in ’n boek.

24. Ek wens iemand skryf dit met lood op klipsodat dit altyd daar is.

25. Ek weet een ding is seker: My Losser leween Hy sal wen op hierdie aarde.

26. Ek het nie meer vel oor my liggaam nie,maar ek sal vir God sien terwyl ek nog lewe.

27. Ek self sal Hom sien,ek, en niemand anders nie, sal Hom sien,dit wil ek baie graag doen.

28. Julle sê dat julle my nog meer wil beskuldigomdat julle dink alles is my eie skuld,

29. maar dan moet julle oppas vir die swaard,God sal mense straf wat verkeerd doen.Julle sal weet dat Hy die Regter is.”

Lees volledige hoofstuk Job 19