Ou Testament

Nuwe Testament

Job 19:17-28 Bybel vir Almal (ABA)

17. My vrou hou nie van my asem nie,my eie kinders sê dat ek stink.

18. Jong kinders respekteer my nie,hulle spot my as ek wil opstaan.

19. My beste vriende wil nie naby my kom nie,ek was lief vir hulle, maar hulle is nou téén my.

20. Ek is baie maer, ek is net vel en been,ek lewe nog, maar my lewe beteken niks.

21. Julle wat my vriende is,julle moet jammer wees vir my.Julle moet jammer wees vir my,want die hand van God het my gestraf.

22. Hoekom hou julle aan om my te jaagsoos God dit doen?Julle sien dat ek sleg lyk,is julle nie nou tevrede nie?”

23. “Ek wens iemand wil opskryf wat ek sê,ek wens iemand skryf dit in ’n boek.

24. Ek wens iemand skryf dit met lood op klipsodat dit altyd daar is.

25. Ek weet een ding is seker: My Losser leween Hy sal wen op hierdie aarde.

26. Ek het nie meer vel oor my liggaam nie,maar ek sal vir God sien terwyl ek nog lewe.

27. Ek self sal Hom sien,ek, en niemand anders nie, sal Hom sien,dit wil ek baie graag doen.

28. Julle sê dat julle my nog meer wil beskuldigomdat julle dink alles is my eie skuld,

Lees volledige hoofstuk Job 19