Ou Testament

Nuwe Testament

Job 18:8-16 Bybel vir Almal (ABA)

8. Sy voete bring hom in ’n vangnet,hy loop reguit in die net in.

9. Die net vang hom aan sy voet,dit gryp hom vas.

10. Hy sien nie die tou voor hom nie,hy sien nie die vangstrik op sy pad nie.

11. Daar is baie dinge wat hom laat skrik,dinge wat hom na al die kante toe jaag.

12. Dit gaan gou sleg met hom,sy probleme is altyd naby.

13. Siekte vreet sy vel weg,sy vingers, sy arms, sy tone en sy benesterf en val af.

14. Hy dink dat hy veilig is in sy tent,maar hy moet daar weggaan,almal is bang vir die plekwaarnatoe hy gaan.

15. Niks bly oor in sy tent nie,mense gooi swael oor sy woonpleken hulle steek dit aan die brand.

16. Hy is soos ’n boomwanneer die boom se wortelsdroog word en sy blare verlep.

Lees volledige hoofstuk Job 18