Ou Testament

Nuwe Testament

Job 18:2-8 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Hoe lank wil julle aanhou praat?Julle moet eers goed dink en dánmoet julle praat.

3. Hoekom hou Job aan om te maakof ons diere is?En hoekom dink hy dat ons dom is?

4. Job, jy is so kwaad dat jy jouselfwil stukkend skeur.Moet al die mense op die aarde verdwyn?Moet ’n rots wegskuif uit sy pleksodat jy tevrede kan wees?

5. Dit ís waar,die mens wat verkeerd doen, sterf,ja, sy lig gaan uit, sy vuur hou nie aanom te brand nie.

6. Dit word donker in sy tent, sy lamp gaan dood.

7. Die treë wat hy loop, was voorheen lank,maar dit word nou korter,hy besluit self wat hy wil doen, en daarom val hy.

8. Sy voete bring hom in ’n vangnet,hy loop reguit in die net in.

Lees volledige hoofstuk Job 18