Ou Testament

Nuwe Testament

Job 1:2-14 Bybel vir Almal (ABA)

2. Job het sewe seuns en drie dogters gehad.

3. Hy het 7 000 skape en bokke gehad, 3 000 kamele, 1 000 beeste, 500 donkies en baie slawe. Hierdie man was ryker as al die Oosmense.

4. Sy seuns het graag partytjies gehou in hulle huise, elke seun het ’n beurt gekry. Dan het hulle boodskappers gestuur en hulle het hulle susters genooi om saam te kom eet en drink.

5. Wanneer ’n partytjie verby was, dan het Job vir sy kinders laat weet dat hulle hulleself moet wy. Hy het vroeg opgestaan en hy het vir elke kind ’n brand-offer gebring, want hy het gedink: Miskien het my kinders sonde gedoen en vir God vervloek.Job het dit altyd gedoen wanneer ’n partytjie verby was.

6. Eendag het die engele voor die Here kom staan. Die Satan het saam met hulle gekom.

7. Die Here het vir die Satan gevra: “Waar was jy?”Die Satan het gesê: “Ek het oral op die wêreld rondgegaan.”

8. Toe vra die Here vir die Satan: “Het jy my dienaar Job gesien? Daar is niemand in die wêreld soos hy nie. Hy is ’n goeie man, hy is eerlik, hy dien My en hy doen nie verkeerd nie.”

9. Die Satan het vir die Here gesê: “Ek weet hoekom Job vir U dien, hy doen dit omdat hy baie van U kry.

10. U het hom beskerm en ook sy huisgesin en alles wat hy het. U het dit goed laat gaan met alles wat hy gedoen het, hy het ryk geword.

11. Maar as U iets wegvat wat hy het, dan sal hy vir U sê hy vervloek U, dit is seker.”

12. Toe sê die Here vir die Satan: “Jy mag doen wat jy wil met alles wat Job het, maar jy mag niks doen aan homself nie.”Die Satan het toe weggegaan van die Here.

13. Eendag het die kinders van Job partytjie gehou in die huis van hulle oudste broer.

14. Toe kom daar ’n slaaf by Job, en hy sê: “Die slawe en die beeste het geploeg, en die donkies het daar naby gewei,

Lees volledige hoofstuk Job 1