Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 9:15-20 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die mense wat die volk moes lei,het hulle verkeerd gelei,daarom weet die volk nie waarnatoe hulle moet gaan nie.

16. Dit is hoekom die Herenie meer hou van die jongmense nieen dit is hoekom Hy nie meer jammer isvir die weduwees en weeskinders nie.Hulle is almal sleg en hulle sê dom dinge,hulle praat nie soos die Here wil hê nie.Maar dit was nie genoeg vir die Here nie.Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.

17. Ja, hulle sonde was soos ’n vuur wat brand.Dit het die dorings en bossies verbrand,dit het die plante in die bos aan die brand gesteek.Die rook het in die lug opgegaan.

18. Die Here wat oor alles regeer, was kwaad.Daarom het die vyande die land verwoes,en daarom het die volk geword soos vuurmaak-hout.Hulle is nie jammer vir mekaar nie.

19. Soos wilde diere wat alles opvreet,so maak hulle oorlog teen mekaar.Hulle hou nie op nie,hulle word swakker en swakker.

20. Die Manasse-stam maak oorlog teen die Efraim-stamen die Efraim-stam maak oorlog teen die Manasse-stam,en hulle maak saam oorlog teen die Juda-stam.Maar dit was nie genoeg vir die Here nie.Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 9