Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 9:1-14 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die volk wat in die donker gelewe het,sien ’n groot lig.’n Lig skyn oor die mense wat gewoon hetin ’n land waar dit baie donker is.

2. Here, U het die mense baie meer laat worden U het hulle baie bly gemaak.Hulle is voor U so blysoos in die tyd wanneer hulle die koring afsny.Hulle juig soos wanneer hulle gewen het in ’n oorlogen wanneer hulle die vyande se goed vir hulleself vat.

3. Ja, hulle was die vyande se slawe,hulle moes jukke dra,en die vyande het hulle met kieries geslaan.Maar U breek die jukke en die kieriessoos daardie dag toe Gideon die Midianiete oorwin het.

4. Ja, hulle vat die skoene wat op hulle getrap heten hulle vat die klere van die soldatewat party van hulle mense vermoor het,en hulle verbrand die skoene en die klere.

5. Ja, ’n kind is vir ons gebore,die Here het vir ons ’n seun gegee,en die kind sal koning word.Hulle sal hom noem:Die man wat wonderlike planne kan maak,Die man wat oorlog kan maak soos God,Die man wat altyd vader is,Die koning van vrede.

6. Hy sal ’n belangrike koning wees,en daar sal altyd vrede wees.Hy sal koning wees soos sy voorvader Dawid,hy sal regverdig weesen hy sal altyd reg doen aan almal.Die Here wat oor alles regeer, sal dit laat gebeur,want Hy sal ons nie los nie.

7. Die Here het ’n boodskap gestuur vir die Israeliete,die nageslag van Jakob het dit gehoor.

8. Die hele volk het dit geweet,die mense van Efraimen die mense wat in Samaria woon.Maar hulle is hoogmoedig, hulle sê:

9. “Die mure wat ons van klei gebou het, het omgeval,maar ons sal weer mure bou, ons sal dit van klip bou.Die vyande het die wildevyebome afgekap,maar ons sal sederbome plant.”

10. Toe het die Here die vyande van koning Resin beskermen Hy het vir hulle gesê hulle moet koning Resin aanval.

11. Die Arameërs het uit die ooste gekomen die Filistyne uit die weste,en hulle het Israel aangeval.Hulle het die land heeltemal verwoes.Maar dit was nie genoeg vir die Here nie.Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.

12. Maar die volk het nie teruggekom na die Here toe nie.Die Here wat oor alles regeer, het hulle gestraf,maar hulle wou nie naby Hom wees nie.

13. Die Here het op een dag die kop en die stert uit die volk Israel uitgesny,die palmtak en die biesie.

14. Die leiers en die mense wat naby die koning mag kom,is die kop of die palmtak,en die profete wat leuens vertel,is die stert of die biesie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 9