Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 8:1-16 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir my gesê ek moet hierdie naam met groot letters skryf: “Vat-Is-Naby-Wegneem-Kom-Gou.”

2. Die priester Uria en Sagaria seun van Jeberekja moet kyk en sê ek het dit geskryf.

3. My vrou het ’n seun gekry, en die Here het vir my gesê: “Jy moet hom noem ‘Vat-Is-Naby-Wegneem-Kom-Gou,’

4. want voordat hierdie seuntjie kan begin praat, sal die koning van Assirië alles in Damaskus en Samaria vat en wegneem.”

5. Die Here het ook vir my gesê:

6. “Hierdie mense van Juda en Jerusalem het bang geword vir koning Resin en koning Peka. Hulle het gedink die klein stroompie water in die watersloot langs Jerusalem is nie belangrik nie.

7. Daarom sal Ek die koning van Assirië en al sy soldate bring om teen Jerusalem oorlog te kom maak. Die koning en sy soldate sal wees soos die groot Eufraat-rivier wat baie en sterk water het en oor sy walle vloei.

8. Die rivier sal tot in die land Juda vloei en dit sal die hele land toemaak. Die water sal tot by die mense se nekke wees. Ja, julle wat sê ‘God is by ons,’ die soldate van Assirië sal oral in julle land wees.”

9. Die volk het gesê: “Julle volke, julle doen slegte dinge, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Julle wat uit die ver plekke van die aarde kom, julle moet luister. Julle maak gereed om oorlog te maak, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Dit is seker.

10. Julle maak saam planne, julle praat wat julle wil doen, maar julle planne sal nie slaag nie, want God is by ons.”

11. Die Here het my, Jesaja, vasgevat met sy sterk hand. Hy het gesê ek moenie doen wat hierdie volk doen nie. Hy het vir my gesê:

12. “Hierdie volk sê ander mense maak planne teen hulle, maar julle moenie ook so sê nie. Hulle het geskrik, maar julle moenie ook bang wees nie.”

13. Julle moet net vir die Here bang wees, die Here wat oor alles regeer. Hy is die heilige God,

14. en Hy sal julle beskerm.Maar Hy sal vir Israel en Juda ’n klip wees waarteen hulle stamp en waaroor hulle val. Hy sal vir die mense wat in Jerusalem woon, ’n vangnet wees.

15. Baie van daardie mense sal val en in die vangnet vassit, en hulle sal sterf.

16. My leerlinge het gehoor wat ek gesê het en wat ek vir hulle geleer het, maar hulle moenie daaroor praat nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 8