Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 64:7-12 Bybel vir Almal (ABA)

7. Niemand het U aanbid nie,niemand het probeerom vas te hou aan U nie.Daarom het U weggekyk van ons,U het ons laat wegsmeltomdat ons sonde gedoen het.

8. Maar, Here, U is ons Vader.Ons is die klei,en U is die Pottebakker.U het ons almal gemaak.

9. Here, U moenie aanhou omvir ons kwaad te wees nie,U moenie altydaan ons sondes dink nie.Kyk asseblief na ons,onthou ons almal is u mense.

10. U gewyde stede het ’n woestyn geword, Sion het ’n woestyn geword,daar is nie mense in Jerusalem nie.

11. Ons gewyde, pragtige tempel het verbrand,die plek waar ons voorvaders U geprys het.Al ons mooi huise het hope klippe geword.

12. Here, U sien hierdie dinge,wil U niks doen om ons te help nie?Wil U altyd net stilblyen ons laat swaarkry?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 64