Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 6:11-13 Bybel vir Almal (ABA)

11. Ek het gevra:“Here, tot wanneermoet ek dit doen?”En Hy het gesê:“Totdat daar nie meer mense oorblyin die stede nie,totdat daar nie meer mense woonin die huise nie,totdat daar nie meer koring en vrugte is nie,

12. en totdat Ek die mense weggevat hetna ’n ver land.Daar sal niks oorbly in die land nie.

13. Die vyande sal alles afbrandwat oorbly in die land,ook as daar net een tiende oor is.Maar wanneer ’n mens ’n eikeboomof ’n terpentynboom afkap,dan bly staan daar ’n stuk van die boomse stam in die grond.So sal die gewyde volk ook oorbly.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 6