Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 58:11-14 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die Here sal julle altyd leien Hy sal vir julle genoeg gee,ook op plekkewaar daar nie plante groei nie.Hy sal julle sterk maak.Julle sal wees soos tuinewaar daar baie water is,soos fonteinewat altyd water het.

12. Julle sal die hope klippe vatwat baie lank hier lê,en julle sal weer vir julle huise bou,en mure vir die stad.Almal sal sê julle is die mensewat stukkende mure weer bouen wat paaie regmaaksodat julle in die land kan woon.”

13. “Julle moet niks verkeerd doenop die Sabbatdag nie,julle moenie op my gewyde dagdoen wat julle wil nie.Die Sabbatdag moet vir julle’n feesdag wees,julle moet die gewyde dagvan die Here respekteer.Julle moet die dag respekteeren nie doen wat julleop ander dae doen nie,julle moenie doen en praatwat julle wil nie.

14. Dan sal dit vir julle ’n fees weesom die Here te dien.Hy sal julle oor die hoogste plekkelaat ry.Hy sal julle laat eet van die koringen die vrugte van die landvan julle voorvader Jakob.”Ja, dit het die Here gesê.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 58