Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 58:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Jy moet hard skree,so hard soos wanneer iemand’n ramshoring blaas.Jy moet vir my volk,die nageslag van Jakob, sêhulle is opstandig,hulle doen sonde.

2. Hulle vra elke dagwat Ek wil hê hulle moet doen,hulle wil graag weetwat Ek vir hulle wil leer.Hulle doen dit soos mensewat reg wil doenen gehoorsaam wil weesaan hulle God.Hulle vra Ek moetreg oordeel oor hulle,hulle wil graag hêEk moet by hulle wees.

3. Maar nou wil hulle weethoekom Ek nie sienwanneer hulle vas nie,hulle sê hulle verneder hullevoor My maar Ek sien dit nie.Sê vir hulle: Julle vas,maar julle dink net aan julleselfop daardie dag,en julle laat werk die mensewat vir julle werk, nog harder.

4. Julle vas,maar julle beskuldig julle werkersen julle baklei met hulle.Hulle doen niks verkeerd nie,maar julle slaan hullemet die vuis.Wanneer julle vasen julle doen hierdie dinge,dan sal niemand in die hemel luisterwat julle bid nie.

5. Julle dink Ek wil hêjulle moet julle vernederwanneer julle vas.Julle dink Ek wil hê elkeen moet sy kop laat hangsoos ’n biesieen elkeen moet rouklere draen op die ashoop sit.Julle sê dit is hoe ’n mensmoet vas,julle sê dit is waarvan die Heresal hou.

6. Maar as julle wil vassoos Ek wil hê,dan moet julle die mense vrymaakwat gevangenes en slawe ismaar wat niks verkeerdgedoen het nie.Julle moet die toue breekwat hulle vashouen julle moet die jukkeafhaal van hulle nekke.

7. Julle moet vir honger mensevan julle kos geeen julle moet mensewat hulleself nie kan help nieen wat nie huise het nie,inbring in julle huise.Julle moet klere geevir mense wat nieklere het nie.En julle moenie maakof julle nie siendat dit julle eie mense is nie.

8. Dan sal dit ook lig word in julle lewens,so lig soos wanneer die son opkom,en dit sal gou beter gaan met julle.Almal sal sien julle doen reg,en die Here self sal julle beskerm.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 58