Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 57:16-21 Bybel vir Almal (ABA)

16. Ja, Ek sal nie aanhouom hulle te straf nie,Ek sal nie altyd kwaad bly nie,want as Ek kwaad bly,sal hulle nie kan aanhou lewe nie.Die asem wat Ek vir hulle gegee het,sal verdwyn.

17. Ek was kwaadomdat hulle nooit tevrede wasmet die dinge wat hulle het nie.Daarom het Ek hulle geslaanen Ek wou hulle nie sien nie.Hulle was opstandig,hulle het gelewesoos hulle self besluit het.

18. Ek het gesienhoe dit met hulle gaan,maar Ek sal hulle gesond maak.Ek sal hulle leien dit sal weer goed gaanmet hulle.Hulle huil en treur nou,

19. maar Ek sal hulle laat sing.Dit sal weer goed gaanmet hulle,oral waar hulle is, ver of naby.Ek sal hulle gesond maak.”Dit sê die Here.

20. “Maar mense wat aanhouom verkeerd te doen,is soos die seewanneer daar ’n storm is.Dan is die water vuil en vol modder.

21. Dit sal nie goed gaanmet mense wat aanhouom verkeerd te doen nie.”Dit sê my God.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 57