Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 57:12-21 Bybel vir Almal (ABA)

12. Julle dink julle het reg gedoen,maar Ek sal nou praatoor wat julle gedoen het,en julle gode sal julle nie kan help nie.

13. Dit is julle klomp godewat julle moet redwanneer dit sleg gaan met julle,maar hulle almal beteken niks,’n sagte windjie waai hulle weg.Die mense wat wil hêEk moet hulle beskerm,sal die land kry,en hulle sal op my gewyde berg kom woon.”

14. Die Here sê:“Julle moet ’n pad bou,julle moet ’n pad bou,julle moet ’n pad maak vir my volk,en julle moet alles wegvatwat in hulle pad is wat hulle keer.”

15. Ja, die Here praat.Hy woon hoog in die hemelen Hy lewe vir altyd.Sy Naam is Heilige God, en Hy sê:“Ek woon in die hoë hemel,in die heilige hemel,maar Ek is ook by die mensewat nederig is,by mense wat weethulle is onbelangrik en niks.Ek gee vir hulle nuwe lewe.

16. Ja, Ek sal nie aanhouom hulle te straf nie,Ek sal nie altyd kwaad bly nie,want as Ek kwaad bly,sal hulle nie kan aanhou lewe nie.Die asem wat Ek vir hulle gegee het,sal verdwyn.

17. Ek was kwaadomdat hulle nooit tevrede wasmet die dinge wat hulle het nie.Daarom het Ek hulle geslaanen Ek wou hulle nie sien nie.Hulle was opstandig,hulle het gelewesoos hulle self besluit het.

18. Ek het gesienhoe dit met hulle gaan,maar Ek sal hulle gesond maak.Ek sal hulle leien dit sal weer goed gaanmet hulle.Hulle huil en treur nou,

19. maar Ek sal hulle laat sing.Dit sal weer goed gaanmet hulle,oral waar hulle is, ver of naby.Ek sal hulle gesond maak.”Dit sê die Here.

20. “Maar mense wat aanhouom verkeerd te doen,is soos die seewanneer daar ’n storm is.Dan is die water vuil en vol modder.

21. Dit sal nie goed gaanmet mense wat aanhouom verkeerd te doen nie.”Dit sê my God.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 57