Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 52:6-13 Bybel vir Almal (ABA)

6. Daarom sal my volk weet wie Ek is,daarom sal hulle daardie dag weetdit is Ek wat sê: Hier is Ek.”

7. Daar kom ’n boodskapper oor die berge.Dit is mooi om te sien hoe hy hardloop.Hy kom sê daar sal vrede wees.Hy bring goeie nuus,hy kom sê die Here sal sy volk red.Hy kom sê vir Sion: “Jou God is Koning.”

8. Luister, Sion, jou wagte skree, hulle juig almal,want hulle sien selfdat die Here terugkom na jou toe.

9. Klippe van Jerusalem,julle moet bly wees,julle moet saam juig,want die Here laat dit weer goed gaanmet sy volk.Hy het Jerusalem vrygemaak.

10. Die Here het vir al die volke gewysdat sy heilige arm sterk is.Al die mense op die aarde sal siendat ons God ons red.

11. Gaan weg uit Babel, loop!Kom uit daardie land.Moenie raak aan daardie onrein plek nie.Julle wat die tempel-gereedskap van die Here dra,julle moet uitkom, julle moet rein bly.

12. Wanneer julle daar weggaan,dan sal julle nie hardloop nie,julle sal nie vlug nie,want die Here sal julle lei,die God van Israel sal by julle wees.

13. Die Here sê:“Kyk, my dienaar sal doenwat hy moet doen,hy sal baie belangrik word.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 52