Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 52:2-9 Bybel vir Almal (ABA)

2. Jerusalem, jy was soos ’n gevangene.Jy het in die stof gesiten daar was ’n tou om jou nek.Skud af die stof, maak los die tou.

3. Ja, die Here sê:“Ek het julle verkoop,maar Ek het nie geld gekry nie.Ek sal julle vrymaak,maar Ek sal nie geld betaal nie.”

4. Ja, die Here sê:“Eers het my volk na die land Egipte gegaan.Hulle was daar vreemdelinge.Hulle het niks gedoen aan die Assiriërs nie,maar die Assiriërs het hulle verdruk.

5. En nou, wat sal Ek hier doen?”Die Here sê dit.“Vyande het my volk gevat,maar my volk het niksaan hulle gedoen nie.My volk se regeerders huil.”Die Here sê dit.“Die vyande hou die hele dag aanom sleg te praat van My.

6. Daarom sal my volk weet wie Ek is,daarom sal hulle daardie dag weetdit is Ek wat sê: Hier is Ek.”

7. Daar kom ’n boodskapper oor die berge.Dit is mooi om te sien hoe hy hardloop.Hy kom sê daar sal vrede wees.Hy bring goeie nuus,hy kom sê die Here sal sy volk red.Hy kom sê vir Sion: “Jou God is Koning.”

8. Luister, Sion, jou wagte skree, hulle juig almal,want hulle sien selfdat die Here terugkom na jou toe.

9. Klippe van Jerusalem,julle moet bly wees,julle moet saam juig,want die Here laat dit weer goed gaanmet sy volk.Hy het Jerusalem vrygemaak.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 52