Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 5:21-29 Bybel vir Almal (ABA)

21. Dit sal sleg gaan met almal wat dink hulle weet baie,almal wat dink hulle is baie slim.

22. Dit sal sleg gaan met almal wat dink hulle is sterk mensewanneer hulle wyn drink en hulle bier sterk maak.

23. Dan sê hulle die man wat verkeerd gedoen het, is reg,en die man wat reg gedoen het, is verkeerd,omdat mense hulle betaal om dit te sê.

24. Daarom sal hulle brand soos kaf, soos gras wat afbrand.Daar sal niks oorbly van hulle nie,want hulle het nie gedoen wat die Here gesê het nie,die Here wat oor alles regeer.Die Heilige God van Israel het met hulle gepraat,maar hulle het gemaak of dit nie belangrik is nie.

25. Daarom het die Here baie kwaad geword vir sy volk.Hy het sy hand uitgesteek en hulle geslaan.Die berge het gebewe,en die lyke van die mense het soos vuilgoed in die strate gelê.Maar die Here hou aan om hulle te straf.Hy bly nog kwaad vir hulle.

26. Hy swaai sy vlag in die lug en Hy roep ’n volk wat ver is.Hy fluit vir hulle, en hulle kom baie vinnig uit ’n ver land.

27. Niemand is moeg nie, nie een van hulle val nie,nie een loop en slaap nie, nie een maak sy belt los nie,nie een se skoenveter breek nie.

28. Hulle pyle is skerp,hulle maak gereed om met pyl en boog te skiet.Hulle perde se pote is so hard soos klip,die wiele van hulle oorlogkarre draai soos warrel-winde.

29. Die vyande is soos leeus wat brulen wat ’n dier vang en wegsleep,en niemand kan die dier red nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 5