Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 49:19-26 Bybel vir Almal (ABA)

19. Jy is nou net hope klippe,daar woon nou nie mense in jou nie,en jou land is verwoes.Maar daar sal nie genoeg plek in jou weesvir al jou mense nie.En die mense wat jou verwoes het,sal ver weg wees.

20. Jou mense wat weg was, sal nou vir jou sê:‘Hier is nie genoeg plek vir ons almal nie,jy moet vir ons plek maak,ons wil hier woon.’

21. En jy sal dink: Van waarkom al hierdie mense?Ek was soos ’n vrou wat nie kinderskan kry nie,ek was alleen, niemand het van my gehou nie,ek was so alleen soos ’n weduweewat haar kinders verloor het.En van waar kom al my mense nou?”

22. Die Here sê: “Nou tel Ek my hand opna die volke toeen Ek waai my vlag,en hulle sal jou seuns en jou dogters na jou toe dra.

23. Konings en koninginne sal jou kindersvir jou oppas,hulle sal laag buig voor jouen hulle sal die stof van jou voete aflek.Dan sal jy weet dat Ek die Here is.Almal wat glo dat Ek hulle sal help,sal nie teleurgesteld wees nie.”

24. Wanneer ’n soldaat oorlog gemaak heten dinge gevat het van sy vyande,dan sal niemand daardie dinge wegvat van hom nie.Wanneer iemand gevangenes goed oppas,dan sal die gevangenes nie vry kan word nie.

25. Ja, die Here sê: “Dit sal miskien gebeurdat iemand die gevangenes kan wegvatvan ’n soldaat,of dat ’n soldaat die dinge kan verloorwat hy gevat het.Dit sal nie met jóú gebeur nie.Ek sal oorlog maak teen die mensewat oorlog wil maak teen jou,en Ek sal jou kinders red.

26. Ek sal die mense straf wat jou verdruk,hulle sal hulle eie liggame se vleis moet eet.Hulle sal dronk word van hulle eie bloed,soos mense dronk word van nuwe wyn.Hulle sal weet Ek is die Here wat jou red,Ek is jou Bevryder,Ek is die Sterk God van Jakob.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 49