Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 49:10-25 Bybel vir Almal (ABA)

10. Hulle sal nie honger of dors wees nie,en die son sal hulle nie brand nie.Ek is jammer vir hulle,Ek sal voor hulle loop,Ek sal hulle versigtig leina plekke waar waterstrome is.

11. Ek sal al my berge gelyk maaksodat daar ’n hoë grootpad sal wees.

12. Julle moet kyk, my volk sal van ver kom,party sal kom uit die noordeen party uit die weste,en party uit die land Sinim.”

13. Hemel, aarde, berge,julle moet juig en vrolik wees,want die Here laat dit goed gaan met sy volk,Hy help sy mense wat hulleself nie kan help nie.

14. Sion, jy het gesê: “Die Here het my verlaat,my Here het my vergeet.”

15. Maar die Here vra: “Dink julle’n vrou sal haar baba vergeet?Sal sy nie jammer wees vir haar kind nie?Nee, sy sal dit nie doen nie.Maar as sy miskien haar kind sal vergeet,Ek sal jou nie vergeet nie.

16. Sion, jy moet weet, jy is mý stad.Ek het my Naam op jou geskryf,Ek dink altyd aan jou mure.

17. Jou mense sal vinnig terugkom,en die mense wat jou verwoesen stukkend geslaan het, sal weggaan.

18. Kyk rondom jou,jou mense kom bymekaaren hulle kom na jou toe.”Die Here sê: “Ek belowe:Jou mense sal vir jou so mooi weessoos die dinge waarmee ’n bruidhaarself mooi maak.

19. Jy is nou net hope klippe,daar woon nou nie mense in jou nie,en jou land is verwoes.Maar daar sal nie genoeg plek in jou weesvir al jou mense nie.En die mense wat jou verwoes het,sal ver weg wees.

20. Jou mense wat weg was, sal nou vir jou sê:‘Hier is nie genoeg plek vir ons almal nie,jy moet vir ons plek maak,ons wil hier woon.’

21. En jy sal dink: Van waarkom al hierdie mense?Ek was soos ’n vrou wat nie kinderskan kry nie,ek was alleen, niemand het van my gehou nie,ek was so alleen soos ’n weduweewat haar kinders verloor het.En van waar kom al my mense nou?”

22. Die Here sê: “Nou tel Ek my hand opna die volke toeen Ek waai my vlag,en hulle sal jou seuns en jou dogters na jou toe dra.

23. Konings en koninginne sal jou kindersvir jou oppas,hulle sal laag buig voor jouen hulle sal die stof van jou voete aflek.Dan sal jy weet dat Ek die Here is.Almal wat glo dat Ek hulle sal help,sal nie teleurgesteld wees nie.”

24. Wanneer ’n soldaat oorlog gemaak heten dinge gevat het van sy vyande,dan sal niemand daardie dinge wegvat van hom nie.Wanneer iemand gevangenes goed oppas,dan sal die gevangenes nie vry kan word nie.

25. Ja, die Here sê: “Dit sal miskien gebeurdat iemand die gevangenes kan wegvatvan ’n soldaat,of dat ’n soldaat die dinge kan verloorwat hy gevat het.Dit sal nie met jóú gebeur nie.Ek sal oorlog maak teen die mensewat oorlog wil maak teen jou,en Ek sal jou kinders red.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 49