Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 47:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Jy het gedink jy sal altyd belangrik wees,jy het nie gedinkwat met jou kan gebeur nie.

8. Jy het gevat wat jy wil hêen jy dink jy is veilig.Babel, jy dink jou mensesal altyd in jou woonen jy sal nie word soos ’n weduweewat haar kinders verloor het nie.Maar nou moet jy luister.

9. Twee dinge sal met jou gebeur,dit sal skielik gebeur, op een dag:Jy sal alleen wees soos ’n weduweeen jy sal al jou mense verloor.Jy het gedink jy kan alles regmaakwanneer jy toor,maar hierdie dinge sal met jou gebeur.

10. Jy het gedink dit sal goed gaanas jy slegte dinge doen,jy het gedink niemand sien jou nie,jy het gedink jy is baie slim.Jy het vir jouself gesê:‘Niemand is soos ek nie.’

11. Maar dit sal skielik sleg gaan met jou.Dit sal wees soos ’n stormwat ’n mens nie kan keer nieen dit sal nie help om te probeer toor nie.

12. Jy het altyd probeer tooren jy het gedink jy kan wonderwerke doen.Miskien moet jy weer probeer,miskien sal dit help.

13. Jy het altyd vir jou slim mense gevrawat jy moet doen,die mense wat na die lug en die sterre kyken elke maand vir jou sê wat sal gebeur.Jy moet nou weer vir hulle vraom jou te help.

14. Maar hulle is soos kaf wat brand,hulle kan hulleself nie red nie.Wanneer die kaf klaar gebrand het,dan bly daar nie kole oor nie,daar is nie kole waar jy kan sitom jouself warm te maak nie.

15. So sal dit gaan met al jou slim mense.Jy het altyd vir hulle gevra wat jy moet doen,maar hulle weet self nie wat om te doen nie,hulle kan jou nie red nie.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 47