Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 45:2-8 Bybel vir Almal (ABA)

2. Die Here sê vir Kores:“Ek sal jou lei en Ek sal jou pad gelyk maak.Ek sal die poorte van koper en yster breeksodat jy kan ingaan.

3. Ek sal vir jou die goed geewat die ander konings weggesteek hetin donker plekke.Dan sal jy weet Ek is die Herewat jou geroep het en wat jou naam genoem het,Ek is die God van Israel.

4. Ek het dit gedoen om my dienaars te help.Hulle is die nageslag van Jakob,die Israeliete, Ek het hulle gekies.Ek het jou geroepen Ek het jou naam genoem.Jy het My nie geken nie,maar Ek gee vir jou ’n spesiale naam.

5. Ek is die Here, daar is nie nog’n ander Here nie.Net Ek is God.Jy het My nie geken nie,maar Ek maak jou sterkom oorlog te maak.

6. Dan sal al die volke weetdat net Ek God is.Ek is die Here, daar is nie ’n ander Here nie.

7. Ek laat dit lig word of donker word,Ek laat dit goed gaan of sleg gaan,Ek, die Here, doen dit alles.

8. Ek sal vrede gee soos reënuit die wolke in die lug,soos water uit die fonteinein die grond.Dit sal goed gaan,en almal sal reg doen.Ek, die Here, sal dit doen.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 45