Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 45:12-25 Bybel vir Almal (ABA)

12. Ek het die aarde gemaaken die mense daarop.My hande het die hemeldak gemaaken Ek het dit styfgetrek soos ’n tent,en Ek het gesê al die sterre moet daar wees.

13. Ek het vir Kores gestuurom te doen wat Ek wil hêen Ek maak al sy paaie gelyk.Hy sal my stad weer bouen hy sal my mense laat terugkom,my mense wat nou in ander lande is.Niemand sal hom betaal om dit te doen nie.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.

14. Die Here sê vir die Israeliete:“Ek gee vir julle al die koring van die land Egipteen al die geld van die handelaars van die land Kus.Die groot manne van die land Seba sal kom.Julle sal hulle hande vasbind,en hulle sal voor julle buig en sê:‘Regtig, God is by julle,en daar is nie ’n ander God nie, nie een nie.’ ”

15. Niemand sien U nie, o God,maar U is die God van Israel,U red vir Israel.

16. Die mense wat beelde van gode gemaak het,is teleurgesteld,hulle voel verneder en skaam.

17. Maar die Herehet die Israeliete gered vir altyd.Hulle sal nooit teleurgesteld weesen nie weet wat om te sê nie.

18. Ja, dit is die Here wat praat.Hy het die hemel en die aarde gemaak.Hy het die aarde gemaak,maar Hy wil nie hê die aardemoet leeg wees nie.Nee, Hy het die aarde gemaaksodat daar mense kan woon.Hy sê:“Ek is die Here,daar is nie ’n ander Here nie.

19. Ek het gepraat waar almal My kon hoor,Ek het nie in ’n donker plek gepraat nie.Ek het nie vir die nageslag van Jakob gesêhulle moet My dien op ’n plekwaar Ek nie is nie.Ek, die Here, praat wat reg is,Ek sê wat regtig sal gebeur.

20. Israeliete, julle wat van die ander volke wegvlug,julle moet bymekaarkom,julle moet saam nader kom en kom luister.Die ander volke weet dit nie,die mense wat houtbeelde saam met hulle draen bid tot gode wat hulle nie kan red nie.

21. Sê vir hulle en laat hulle besluit:Wie is dit wat lank gelede gesê hetwat sal gebeur?Dit is Ek, die Here.Daar is nie ’n ander God nie.Daar is nie nog ’n Godwat regtig God is en wat mense kan red nie.

22. Almal op die aarde, julle moet na My toe kom,Ek wil julle red.Ek is God, daar is nie ’n ander God nie.

23. Ek het vir Myself belowe,Ek het dit vas besluit, en dit sal gebeur:Elke knie sal voor My buig,elke mens sal my Naam noem.

24. Hulle sal sê: ‘Net die Herekan mense red en sterk maak.’Almal wat nou sê hulle is kwaad vir die Here,sal nie weet wat om te sêwanneer hulle voor Hom kom staan nie.

25. Maar die hele nageslag van Israelsal aan die Here behoort.Hulle sal wees soos Hy wil hê hulle moet wees,en hulle sal bly wees daaroor.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 45