Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 41:1-15 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Al die mense wat woonin die ver lande by die see,al die volke,julle moet stilblyen julle moet luister na My!Julle moet gereedmaaken nader kom en praat.Ons moet saam praaten hoor wie is reg.

2. Wie het die man uit die oostelaat kom,die man wat al die volkeen die konings oorwin?Hulle val voor sy swaarden voor sy boog,soos stof of soos kafwat wegwaai.

3. Hy jaag die volke,niemand stop hom nie,sy voete raak nie aan die grond nie.

4. Wie het dit laat gebeur?Wie het van die begin af gesêwat in die wêreld moet gebeur?Dit is Ek, die Here.Ek was eerste,en wanneer die laaste dinge gebeur,dan sal Ek nog die Here wees.

5. Al die mense wat in die ver landelangs die see woon,al die mense op die aarde,het gesien wat gebeur.Hulle het bang geworden hulle het nader gekom.

6. Hulle help mekaaren sê vir mekaar:‘Ons moet sterk wees.’

7. Die manne wat beelde maak,sê vir mekaar:‘Ons het goeie werk gedoen!’En hulle maak die beeld sterken hulle slaan die beeld vas met spykerssodat dit nie omval nie.”

8. En Ek sê vir julle:“My dienaars,mense van Israel, nageslag van Jakobwat Ek gekies het, nageslag van my vriend Abraham:

9. Ek het Abraham uit ’n ver landlaat komen Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar,Ek het jou gekiesen jou nie vergeet nie.’

10. Julle moenie bang wees nie,want Ek is by julle.Julle moenie bang rondkyk nie,want Ek is julle God.Ek sal julle sterk maak en julle help,Ek sal julle vashou met my sterk hand.

11. Kyk, almal wat iets slegwil doen aan julle,sal teleurgesteld wees.Hulle sal nie weet wat om te doen nie.Die mense wat wil hêdit moet sleg gaan met julle,sal word soos niks, hulle sal sterf.

12. Die mense wat oorlog maak teen julle,sal word soos niks,julle sal hulle soeken julle sal hulle nie kry nie.

13. Ja, Ek, julle God die Here,Ek maak julle sterk,Ek sê vir julle:Moenie bang wees nie,Ek help julle.

14. “Julle is so swak soos ’n wurm,julle is min,maar julle moenie bang wees nie,Ek help julle.”Dit sê die Here, die Heilige God van Israel.

15. “Kyk, Ek het jullesoos ’n nuwe dors-slee gemaak,’n dors-slee wat skerp ysters het.Julle sal berge en heuwels fynmaalen julle sal dit soos kaf maak.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 41