Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 40:7-14 Bybel vir Almal (ABA)

7. Wanneer die Here die wind laat waaioor die gras en die blomme,dan word hulle droog en hulle verlep.Ja, die mense is soos gras.

8. Gras en blomme word droogen verlep,maar die dinge wat ons God sê,sal nooit verander nie.”

9. Mense van Jerusalem,mense van Sion,julle moet die boodskappers weeswat die goeie nuus bring.Julle moet hoog op ’n berg klimen hard skree.Julle moenie bang wees nie,julle moet vir die stede van Juda sê:“Hier kom julle God!

10. Kyk, die Here kom,Hy is die Sterk God,Hy kan doen wat Hy wil doen.Kyk, Hy bring sy mense saam,sy volk is by Hom.

11. Hy sal vir hulle sorgsoos ’n herder vir sy skape sorg.Hy sal die skaap-lammers bymekaarmaaken teen sy bors dra,Hy sal die ooie wat lammers het,so lei dat hulle nie seerkry nie.”

12. Wie het gesê hoeveel waterdaar moet weesen hoe groot die lug daarbomoet wees?Wie het gesê hoeveel gronddaar moet weesen hoe hoog die berge en die heuwelsmoet wees?

13. Wie mag vir die Here sêwat Hy moet dink,wie mag vir Hom sêwat die regte dinge iswat Hy moet doen?

14. Vir wie het die Here gevrawat Hy moet doen?Wie het vir Hom geleeren vir Hom gesêwat die regte ding is om te doen?Wie het vir Hom geleerom alles te verstaan?Niemand.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 40