Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 32:3-12 Bybel vir Almal (ABA)

3. Dan sal die oë van almalwat kan sien,nie meer toe wees nie,en almal wat kan hoor,sal dan luister.

4. Die mense wat ongeduldig wasen wat nie goed wou luister nie,sal dan luister en verstaan,en die mense wat gehakkel het,sal goed kan praat.

5. Niemand sal dan sê’n dwaas is ’n goeie mensof ’n skurk is ’n belangrike mens nie.

6. Want dwase mense praat nonsensen hulle dink net aan sonde.Hulle doen slegte dingeen hulle praat leuens oor die Here.Hulle gee nie kos vir honger mense nie,hulle gee nie water vir mensewat dors is nie.

7. Skurke is altyd besigom slegte dinge te doen.Hulle maak skelm planne en hulle liegom probleme te gee vir mensewat hulleself nie kan help nie,vir arm mensewat niks verkeerd gedoen het nie.

8. Maar ’n goeie mens dinkwatter goeie dinge hy kan doenen hy beskerm die goeie mense.

9. Vroue, julle wat nou lekker leween oor niks bekommerd is nie,julle moet luister na wat ek sê:

10. Julle lewe nou lekker,maar oor ’n jaar sal julle bewe,want daar sal nie druiwe weesom te pluk nie.

11. Julle lewe nou lekker,julle is oor niks bekommerd nie,maar julle moet bang wees en bewe,julle moet julle klere uittreken julle moet rouklere aantrek.

12. Julle moet met julle vuiste op julle bors slaan en huiloor die mooi landeen die vrugbare wingerde.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 32