Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 32:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Koning sal reg regeeren regverdig wees,hy en sy amptenare.

2. Elkeen van hulle sal weessoos ’n afdak teen die winden harde reën.Hulle sal wees soos strome waterin ’n droë land,soos die skaduwee van ’n groot rotsin ’n land waar dit baie warm is.

3. Dan sal die oë van almalwat kan sien,nie meer toe wees nie,en almal wat kan hoor,sal dan luister.

4. Die mense wat ongeduldig wasen wat nie goed wou luister nie,sal dan luister en verstaan,en die mense wat gehakkel het,sal goed kan praat.

5. Niemand sal dan sê’n dwaas is ’n goeie mensof ’n skurk is ’n belangrike mens nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 32