Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 31:4-8 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die Here het vir my gesêdat Hy sal afkom na Sionsbergom oorlog te maak op die bergwat aan Hom behoort.Hy is die Here wat oor alles regeer.Hy sal wees soos ’n leeuwat ’n dier gevang heten wat by die dier lê en brul.Die leeu skrik niewanneer ’n klomp skaapwagters komen raas en skree nie.

5. Soos ’n voël bokant sy nes vliegom dit te beskerm,so sal die Here Jerusalem beskerm.Hy is die Here wat oor alles regeer,Hy sal kom,en Hy sal die mense van Jerusalembeskerm en red.

6. Israeliete, julle moet terugkomna die Here toe,want julle het ver weggegaan van Hom.

7. Eendag sal elkeen van jullesy afgode weggooi,die afgode van silwer en goudwat julle self gemaak hettoe julle sonde wou doen.

8. Die Assiriërs sal sterf,maar dit sal nie mense weeswat hulle doodmaak nie.Hulle sal vlug,en hulle jongmanne sal soos slawemoet werk vir die vyande.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 31