Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 29:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:Dit sal sleg gaan met Jerusalem,die stad waar Ek wil vuurmaak,die stad waar Dawid sy tenteopgeslaan het.Die jare komen die jare gaan verby,en die mense in die stadhou aan om fees te vier.

2. Maar Ek sal die stad laat swaarkry,en die mense sal huil en treur.Die stad sal vir My die plek weeswaar Ek vuurmaak.

3. Ek sal die tente van my soldateopslaan rondom die stad,en Ek sal torings bouen groot hope grond teen die stadse mure gooisodat die soldate oor die muurin die stad kan kom.

4. Die vyande sal die stad verwoes.Die mense in die stad sal sterf.Hulle sal sag uit die grond praatsoos ’n spook wat fluister.

5. Die wrede mense wat ander menseverdruk het in die stad,sal soos fyn stof word,soos kaf wat wegwaai.Dit sal skielik gebeur,so vinnig soos ’n mens sy oog knip.

6. Dit is die Here wat dit sal doen,die Here wat oor alles regeer.Hy sal die mense in die stad straf.Daar sal donderweer weesen aardbewings.Dit sal raas.Daar sal storms en donderweer wees,en daar sal baie vure wees.

7. Die mense in die stadsal dink hulle droomwanneer die baie volke Jerusalem aanval,wanneer hulle van al die kantedie sterk mure van die stad aanval.

8. Maar dit sal sleg gaanmet hierdie baie volkewat die Sionsberg aanval.Dit sal met hulle gaan soos met ’n manwat honger en dors is:Hy droom dat hy eet,maar wanneer hy wakker word,dan is hy nog honger.Hy droom dat hy water drink,maar wanneer hy wakker word,dan is hy nog dors en swak.

9. Leiers van Jerusalem,julle weet nie wat om te sê nie,julle is stom.Julle weet nie wat julle sien nie,julle is blind.Julle het nie wyn of bier gedrink niemaar julle is dronken julle loop val-val.

10. Julle is so,want die Here het julle gemaaksoos mense wat slaap.Hy het julle oë en julle koppe toegemaak.Julle oë was die profeteen julle koppe was die sieners.

11. Nou kan julle nie verstaanwat die Here vir julle sê nie.Dit is soos ’n boekwat toegemaak en verseël is.Jy gee dit vir iemand wat kan lees,en jy sê vir hom:“Lees asseblief wat in die boekgeskryf is,”en hy sê: “Ek kan dit nie lees nie,want die boek is verseël.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 29