Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 24:4-23 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die plante op die aardesal droog word en verlep,die hemel sal droog wordsaam met die aarde.

5. Die mense in die landhet die land ontwy,want hulle het nie gedoenwat die Here wil hê nie.Hulle het die verbond gebreekwat vir altyd moes aanhou.

6. Daarom sal dit sleg gaanmet die mense in die land,die Here sal hulle straf.Daarom sal die mense in die landminder worden daar sal min mense oorbly.

7. Die wingerde sal droog worden daar sal nie wyn wees nie.Al die mense sal huil,die mense wat altyd vrolik wasnadat hulle wyn gedrink het.

8. Daar sal nie meer vrolike musiekvan tamboeryne en liere wees nie.Die mense wat feesgevier heten geraas het, sal stil wees.

9. Hulle sal nie meer wyn drinken sing nie,en die bier sal bitter smaak.

10. Die stad sal net ’n hoop klippe wees,daar sal nie mense woon nie,die huise sal tóé wees,niemand sal daar kan ingaan nie.

11. Op die strate sal die mense huilomdat daar nie wyn is nie.Niemand sal vrolik wees nie,niemand op die aardesal vrolik wees nie.

12. Alles in die stad sal verwoes wees,die poorte sal stukkend lê.

13. Ja, so sal dit wees tussen die volke op die aarde: Die volke sal min wees. Hulle sal so min wees soos die paar trossies druiwe wat oorbly wanneer mense klaar druiwe gepluk het of soos die paar olywe wat oorbly wanneer die mense klaar olywe afgeslaan het.

14. Die mense wat oorgebly het,sal begin sing,die mense in die weste sal juigomdat die Here Koning is.

15. Daarom sal die mense in die oosteook die Here eer,die mense in die lande by die seesal die Naam van die Here prys,die Here, die God van Israel.

16. Ons sal hoor die mense singoral op die aarde.Ons sal hoor hulle prysdie Regverdige God.Maar ek, die profeet, sêdit gaan sleg met my, baie sleg.Die mense verraai mekaar,hulle hou nie opom mekaar te verraai nie.

17. Julle wat op die aarde woon,julle sal baie bang word,julle sal in vang-gate valen hulle sal julle met vangnette vang.

18. Wanneer een van julle bang worden vlug omdat die vyande raas,dan sal hy in die vang-gat val,en wanneer hy uit die gat klim,dan sal hulle hom met ’n vangnet vang.Ja, en dit sal baie reën,en die aarde sal bewe.

19. Die aarde sal stukkend breek,die aarde sal stukkend skeur,die aarde sal heen en weer skud,

20. die aarde sal loop soos ’n dronk mens.Dit sal maklik breek,soos ’n huisie van takkewat iemand gebou hetom net een nag daar te slaap.Die sonde van die aardesal te swaar wees om te dra.Die aarde sal valen nie weer opstaan nie.

21. Daardie dag sal die Here almal in die hemel straf en ook al die konings op die aarde, almal wat dink hulle is sterk.

22. Hy sal hulle bymekaarmaak en in ’n tronk toesluit, in ’n put. Ná baie dae sal Hy hulle straf.

23. Die maan en die son sal ophou skyn wanneer die Here koning word op Sionsberg en in Jerusalem. Hy sal vir die leiers wys Hy is die Koning.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 24