Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 22:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here is kwaad. Hy het gepraat teen die vallei waar Hy vir die profete gewys het wat sal gebeur.Hoekom het al jou mensenou op die huise se dakke geklim?

2. Jy was ’n stadwaar die mense altyd geraas het,jou mense het aangehou praat en lag.Jou mense wat gesterf het,het nie in oorlog gesterf nie.

3. Jou leiers het almal gevlug.Hulle het nie oorlog gemaak nie,maar die vyande het hulle gevang.Die vyande het al jou mense gevang,daar ver waar hulle weggevlug het.

4. Daarom het ek gesê:“Moenie na my kyk nie,ek wil huil.Die vyande het slegte dinge gedoen aan my volk,maar moenie probeer om my te troos nie.”

5. Die Here het dit laat gebeur,die Here wat oor alles regeer.Die mense in die stadhet heen en weer gehardloop,hulle het nie geweetwaarnatoe hulle kan gaan nie,die vyande het alles plat getrapen hulle het die mure afgebreek.Die mense het gevradat die Here hulle moet help,die Here wat woonin sy tempel op die berg,hier by die valleiwaar die Here vir die profetegewys het wat sal gebeur.

6. Die Elamiete het gekommet pyl en boog,hulle het op oorlogkarre gery,perde het die oorlogkarre getrek.Die mense van die land Kirhet hulle skilde gereedgehouom oorlog te maak.

7. Daar was oorlogkarre en perdein die valleie rondom die land Juda,en hulle het by die poortevan die stede kom staan.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 22