Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 20:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Koning Sargon van Assirië het sy hoof-offisier na die stad Asdod gestuur, en die hoof-offisier het die stad oorwin.

2. In daardie tyd het die Here vir Jesaja gestuur om ’n boodskap te bring. Jesaja was die seun van Amos. Die Here het vir Jesaja gesê: “Gaan trek uit jou rouklere en jou skoene.”Jesaja het dit gedoen. Hy het kaal en sonder skoene geloop.

3. Die Here het toe gesê: “My dienaar Jesaja het drie jaar lank kaal en sonder skoene geloop, en dit was ’n teken wat gewys het wat sal gebeur met die lande Egipte en Kus.

4. Die koning van Assirië sal die mense van Egipte en Kus vang en wegvat, die jongmanne en die oumanne. Hulle sal kaal wees en sonder skoene, en die Egiptenaars sal skaam wees oor hulle kaal liggame.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 20