Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2:7-12 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die land Juda is vol silwer en goud,die mense is baie ryk.Daar is baie perde in die landen die mense het baie oorlogkarre.

8. Die land is vol afgode.Die mense buig voor goed wat hulle self gemaak het.

9. Here, daarom moet U die mense laat buigen U moet hulle verneder.U moet hulle nie vergewe nie.

10. Julle moet wegkruip agter rotse en in gate in die grond,want die Here kom.Wanneer Hy kom, dan sal julle bewe,want Hy is die Koning.

11. Die hoogmoedige mense sal nie weer trots kan wees nie,hulle sal moet buig voor Hom.Net die Here sal op daardie dag belangrik wees.

12. Ja, die dag van die Here sal kom,die Here wat oor alles regeer.Hy sal téén al die hoogmoedige mense wees,teen almal wat dink hulle is belangrik.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 2