Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 19:7-14 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die plante sal doodgaanlangs die Nyl-rivier en by die plekwaar die rivier in die see vloei.Alles wat die mense langs die Nyl gesaai het,sal droog word,dit sal wegwaai en verdwyn.

8. Die mense wat vishoeke en visnettein die Nyl-rivier gooi,sal huil en treur,die vissermanne sal sterf,want hulle sal nie kos hê om te eet nie.

9. Die mense wat met vlas werken wat dit kam om linne te maak,sal niks vlas hê om te kam nie.

10. Die mense wat lappe weefom klere te maak,sal net daar sit,die mense wat moet werkom geld te kry,sal niks hê nie.

11. Die amptenare in die stad Soan,die raadgewers van die farao,is dwase,hulle help nie die faraoom reg te besluit nie.Hulle kan nou nie meer vir die faraosê dat hulle slim isen dat hulle die kinders isvan die konings van lank gelede nie.

12. Daar is nie wyse mensein Egipte nie,hulle kan nie vir die farao sêwat die Here met Egipte wil doen nie,die Here wat oor alles regeer.

13. Die amptenare van die stedeSoan en Nof is dom,hulle weet nie wat om te doen nie.Hulle is die leiers van stamme,maar hulle het die mense van Egipteverkeerd laat doen.

14. Dit is die Here wat die amptenaredeurmekaar gemaak het,en die amptenare het die Egiptenaarsverkeerd laat doen.Die Egiptenaars val soos dronk mensewat naar word en opgooien daarin trap.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 19