Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 18:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit sal sleg gaan met die landwaar daar so baie insekte is,daar by die riviere in die land Kus.

2. Die mense van Kus het mensena Jerusalem gestuur,hulle het oor die water gekomin papirus-bote.Maar hierdie mensewat so vinnig gekom het,moet teruggaan na hulle eie volk toe,na die lang mensemet die blink velle,die mense vir wie almal bang is,die mense wat sterk isen wat maklik ander mense aanval.Baie riviere vloeideur daardie mense se land.

3. Julle almal wat in die wêreld woon,julle wat op die aarde woon,julle sal sien wanneer iemandop die berge ’n vlag in die lug hou,julle sal hoor wanneer iemanddie ramshoring blaas.

4. Want die Here het vir my gesê:“Ek sal stil uit my woonplekna alles kyk,stil soos die warm son in die middag,soos ’n miswolk in die somer.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 18