Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 16:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moabiete, julle moet vir die koning van die land Juda’n skaap-ram stuur,julle moet dit uit Selain die woestyn na Sionsberg stuur.

2. Die vroue van Moabsal by die driwwe deur die Arnon-rivier komsoos voëltjies wat probeer vliegwanneer die groot voëls hulle uit die nes geskop het.

3. Hulle sal vir die mense van Juda vra:“Sê vir ons wat ons moet doen,maak ’n plan, beskerm ons.Julle moet vir ons weessoos ’n donker skaduweewanneer dit warm is.Julle moet die mense wegsteekwat na julle toe vlug,julle moenie sê waar hulle is nie.

4. Mense het gevlug uit Moab,julle moet hulle by julle laat woon,julle moet hulle by julle laat wegkruipom hulle te beskerm teen die mensewat hulle wil doodmaak.”Mense van Juda,die mense wat vir julle verdruk het,sal verdwyn.Hulle sal nie aanhouom julle te laat swaarkryen om julle land te vertrap nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 16