Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 14:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ja, die Here sal weer goed wees vir die Israeliete. Hy sal hulle weer kies om sy volk te wees en Hy sal hulle in hulle eie land laat woon. Mense uit ander volke sal by die Israeliete kom woon. Hulle sal saam met die nageslag van Jakob lewe.

2. Ander volke sal die Israeliete terugbring na hulle land, en dan sal die mense van die ander volke slawe en slavinne word van die Israeliete in die land van die Here. Die ander volke het die Israeliete weggevat uit hulle land, maar nou sal die Israeliete die mense van daardie volke wegvat uit hulle lande. Die Israeliete sal nou regeer oor die mense wat slegte dinge gedoen het aan die Israeliete.

3. Israeliete, julle sal nie meer swaarkry en soos slawe vir ander mense moet werk nie. Die Here sal julle swaarkry laat ophou. Wanneer dit gebeur,

4. dan moet julle die koning van Babel spot. Julle moet hierdie lied sing en sê:“Die man wat ons verdruk het,sal nou sterf,ons sal nie meer swaarkry nie.

5. Die Here het die stok gebreekvan die slegte mense wat regeer het oor ons.

6. Die koning van Babel het kwaad geworden hy het volke geslaan,hy het dit weer en weer gedoen,hy het kwaad geword en op volke getrap,hy was nie jammer vir hulle nie.

7. Maar nou rus die hele aarde,daar is vrede,al die mense begin sing.

8. Koning van Babel,die sipresbome en die sederbomeop die Libanon-berg is ook blyomdat jy dood is,want nou kom niemandom hulle af te kap nie.

9. Die doderyk onder die aardebewe wanneer jy kom,die geeste van die leiers van die aardeword wakker.Die leiers wat gesterf het,die konings wat dood is,klim af van hulle trone.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 14