Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 9:21-25-26 Bybel vir Almal (ABA)

21. want daar is pes in die stad,die dood het by ons vensters ingeklim,en ons kinders en ons jongmense sterfop die strate en op die oop stukke grond.

22. Julle moet sê wat die Here sê:Die lyke van die mense sal soos misop die grond val of soos koring-arewat val wanneer iemand dit afsnyen niemand tel dit op nie.

23. Die Here sê:“Die wyse mensmoenie spog oor sy wysheid nie,die sterk mens moenie spog oor sy krag nie,die ryk mens moenie spog oor alles wat hy het nie.

24. Maar as iemand wil spog,dan moet hy hieroor spog:dat hy My, die Here, ken en dat hy weetEk doen wat Ek belowe het.Ek doen reg en Ek is goedvir al die mense op die aarde.Ja, dit is waarvan Ek hou.”

25-26. Die Here sê: “Eendag sal Ek almal straf wat besny is: die mense van Egipte en Juda en Edom, die Ammoniete, die mense van Moab en die mense wat in die woestyn woon en wat die kante van hulle koppe kaal skeer. Hulle is besny maar hulle dien My nie, en die hele volk Israel wat besny is, dien My ook nie.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 9